Doppers, Stoepsitters en Gatjieponders

Die herkoms van die byname. Dit is wel bekend dat ouderlinge in die Nederduitse Gereformeerde Kerk voorheen swaelstertjasse gedra het, oftewel “gatjaponne”, vanwaar die bynaam Gatjieponder ontwikkel het.

Lank voor die ontstaan van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, was behoudende Gereformeerdes, veral in die oosgrensgebied, gesien as plattelands (van dorpe eerder as stede, dus dorpers), en/of uitdowers (of dompers) van verloopte verligting in staat en kerk – sodoende het die benaming Dopper vanuit domper/dorper ontstaan. Later het die term vereenselwig geword met die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

In die Wes-Transvaal in die 1920s was daar ‘n geweldige tekort aan predikante in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika. Soveel so, dat daar soms nie eredienste gehou is nie, en het lidmate op die stoep gesit (en die bynaam Stoepsitters gekry), terwyl Gatjieponders en Doppers na hul eredienste stap, So het lidmate van die drie susterskerke die byname Gatjieponder, Stoepsitter en Dopper gekry.