Ons glo

Ons glo dat dit slegs die Drie-Enige God is wat waarheid bepaal. God is waarheid (Joh. 14:6). Daarom moet enige kennis wat ons besit of bekom beoordeel word in die lig van sy Woord.

Dit beteken ook dat vryheid van spraak (wat mens mag sê) deur God se Woord begrens word, en spesifiek deur die negende gebod (“Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie” (Ex. 20:16)).

Ons glo dat die leer van die Skrif verwoord word in die Drie Formuliere van Eenheid (Heidelbergse Kategismus; Nederlandse Geloofsbelydenis; Dordtse Leerreëls) en die Algemene belydenisskrifte (Apostoliese geloofsbelydenis; Nicea; Athanasius).

Ons sal poog dat elke opinie-stuk wat op hierdie paltvorm geplaas word nie die Skrif of belydenisskrifte weerspreek nie. Ons sal ook poog dat alle nuusberigte wat geplaas word akkuraat en waar is. Maar Veritas Media gaan dus nie noodwendig met elke artikel se inhoud wat hier geplaas word saamstem nie.

Die belydenisskrifte kan hier gelees word: https://gereformeerd.org/onderwerpe/belydenisskrifte/