Pretorius se oproep

“Bantjes (1839) vertel hoe Pretorius op die 5de Desember ’n oproep aan sy kommando rig om die groot taak wat hulle opgelê is, ‘te beginnen, met smekingen en gebeden, tot de troon van God….’. Bantjes vertel verder hoe Pretorius hulle vermaan het dat “n zaak zonder God begonnen, verydelt wordt’, en dat ook die vyand skepsels is wat gebore is onder die lig van die evangelie en daarom moet die Trekkers hulle nie skuldig maak aan mishandeling van vroue en kinders nie. So het Pretorius ’n klomp gewigtige sake met sy kommando bespreek en dit telkens uit die Bybel bevestig, en daarna het Sarel Cilliers weer met ’n openbare gebed afgesluit.”

Uit: Die ontstaan en die doel van die Voortrekkers se gelofte in 1838. Deur D V R van den Berg & S J Botha, in HTS 50/4 (1994).