Perspektief op die Rusland-Oekraïne Oorlog

Na amper twee jaar en baie lewensverliese is daar baie vrae. Wat is die rede vir die oorlog, hoekom is en was dit nodig? Met nuwe konflik op vele fronte – Israel en die Rooi See – is die Amerikaners se aandag verdeel. Meer as dit is die Amerikaanse Kongres nou nie meer so gewillig om nog geld in ‘n skynbaar bodemlose pit te stort nie.

Die westerse wêreld se hoofstroom media kan egter nie vertrou word om die ware antwoorde te gee nie. Bo dit is daar ook die propaganda masjiene aan beide kante. Die sogenaamde storielyn (“narrative”) is in tipies kommunistiese styl al wat tel – dit wat google en microsoft se nuusflitse voorhou; die valsheid wat die korporatiewe reuse se aandeelhouers graag wil skilder. Ware joernalistiek word op die meeste platforms verban, net soos ivermectin of kritiek teen inentings.

Matt Bivens bied ‘n deeglike en akkurate perspektief op die hele Rusland-Oekraïne oorlog.

Ukraine’s Percolating Hatred Of America.

Vir gelowiges is dit altyd belangrik om alles aan die Woord van God te toets (Jes 8:20; Hand 17:11). Hier is dus ‘n paar gedagtes tesame met Bivens se berig:

  • – Propaganda – om ‘n agenda te bevorder deur die selektiewe voorstelling van feite, is om te lieg (Ex 20:16; Gen 3:1; Ex 32:24).
  • – Anders as wat ons staatistiese tydsgees ons wil leer, kan regerings, maatskappye, werkgewers en regspersone, deur die besluite van die persone wat dit dryf, sondig (Ex 5:10-21; Dan 3:4-6; Hand 18:17; 1 Kon 12:13-16; sien ook WLC 130).
  • – Daar is vorme van regmatige asook onregmatige oorlog (Jer 48:10, sien ook WLC 136).