Boeke is beter as digitaal

Dit wat klassieke opvoeders al lank weet en bevorder, word nou ook deur ‘n onlangse studie bevestig. Die Universiteit van Valencia se navorsing het meer as 450 000 deelnemers gehad. Die gevolgtrekking is dat leesbegrip omtrent 6 tot 8 keer beter is by studente wat fisiese boeke lees, veral by jonger lesers.