Daardie Voortrekker Volk (Totius)

Totius oor Israel en die Afrikaner – gelykstelling of teenstelling?

Inleiding – S Le Cornu

Volgende week gedenk ons weer Geloftedag. En soos gewoonlik gaan en sal daar weer misbruike van die dag se oorpsrong en bedoeling wees, hetsy van ‘n Israelvisie kant, of aan die anderkant ‘n verwerping van die dag as in stryd met die Christelike geloof, omdat die Here nie meer met volke werk nie, maar net met kerke.

Een van die aanslae is natuurlik dat die Afrikaner sondig deur te dink hul is Israel (of ten minste in die verlede), en daarom moet ons teen die dag wees (en die Afrikaner in die algemeen). Nou weet ek nie van enige gereformeerde leier wat al ooit gesê het die Afrikaner is die uitverkore volk van God soos Israel nie, en as daar was, dan distansieer ek my daarvan. Beteken dit egter dat gelowiges, dat gelowiges wat hul in volksverband bevind niks mag leer van Israel as volk nie ? Nee, dit glo ek ook nie.

Ek meen Totius dink in die artikel hier onder in die regte rigting. Aan die eenkant word gelykstelling met Israel verwerp, maar daar is ook nie ‘n teenstelling nie, asof ons as ‘n volk niks kan leer van wat die Here deur Israel aan al die volke geopenbaar het, natuurlik alles gesien in die Nuwe Testament vervulling en bevestiging deur Christus (Matt. 5:17-20; NGB art. 25). Lees gerus wat Totius skryf hier>