Volgens Gates en vennote veroorsaak beeste erge besoedeling omdat hul metaangas produseer. Gates maak hierdie stellings terwyl hy die grootse eienaar van landbougrond in die VSA is. In die Verenigde Koninkryk is ‘n belasting op vleis reeds voorgestel. Die WEF beplan ook hoe ons eerder insekte moet begin eet.
I TIMÓTHEÜS 4:1-5:
MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete, wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken. Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie; want dit word geheilig deur die woord van God en die gebed.