Wie is nou die ‘bad guys’?

Die globalistiese oorlog tussen, nee, nie Oekraïne en Rusland nie, maar tussen NAVO/VSA/EU Weste teen Rusland, laat al meer mense vra: wie is nou eintlik die ‘good en bad guys’, want dit lyk asof al die politieke magte en land se hande aan beide kante nie skoon is nie, maar vol bloed en eiewillige polities-ekonomiese agendas.

Die Reformatorische Dagblad berig dat mens die probleme van beide se saak moet raaksien, en dat mens nie moreel net die eenkant of die anderkant kant of hoef te ondersteun nie, mens moet deeglik onderskei wat die hele komplekse probleme en vrae is na beide kante in hierdie oorlog:

“Kortom, daar is ongelukkig ook baie bloed op die hande van Westerse lande. In die afgelope dekades het hulle oorloë begin, of ondersteun wat – ten minste met vandag se kennis – slegs baie gedeeltelik geregverdig was en waarvan daar min goed gekom het. Dit is ook twyfelagtig hoe sinvol die pogings was om Oekraïne toe te laat om by NAVO en die EU aan te sluit. Daar is dus min rede vir morele selfverheffing. Ons is dalk meer soos Poetin as wat ons mag dink. Die huidige ondersteuning vir Oekraïners is hartverblydend en waardig om aan te moedig, maar skaaf met die relatiewe koelte teenoor vlugtelinge uit ander lande waar die Weste ingegryp het”

“Hy wat ‘n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor ‘n twis wat hom nie aangaan nie.” (Spr. 26:17)