Resep: Elsie se growwe beskuit

Bestanddele:

  • 10 koppies nutty wheat
  • 1 koppie bruinsuiker
  • 4 teelepels koeksoda
  • 1 eetlepel sout
  • 750 g margarien
  • 3½ koppies karringmelk
  • 2 koppies koue water

Metode:

Voorverhit die oond tot 200°C en smeer 2 broodpanne (2 broodpanne as dit groot genoeg is – 34 cm by lengte, 12cm in breedte, en 11cm in diepte).

Meng die droeë bestanddele saam.

Vryf die margarien in.

Meng die karringmelk en water by – die beslag behoort baie slap te wees. Gooi dit by droeë bestanddele.

Skep in broodpanne en bak vir 1 uur.

Laat die baksel oornag afkoel en sny in beskuite. Pak die snye op ‘n oondpan en droog uit teen 90°C tot dit droog is (6-7 ure om droog te word).