Wêreldkaart – die verskil tussen skeepsvaart kaarte en die ware groottes

In 1569 het die kartograaf Gerardus Mercartor ‘n nuwe soort kaart uitgedink wat revolusionêr was vir skeepsvaart navigasie. Mercartor was ‘n gelowige wat ook bybels getrou die skeppingsleer verkondig het. Alhoewel Mercartor se kaart vir navigasie bedoel was, word sy voorstellings van die aarde vandag nog gebruik in vele ander velde.

Vir Mercator se kaart om te werk, moes die grootte van sekere lande en kontinente uitgerek en vergroot word. Die rede hiervoor is omdat die aarde ‘n driedimensionele sferiese voorwerp is, wat op sy plat tweedimensionele voorstelling moes inpas. Dit was dus nie Mercartor se bedoeling om wanvoorstellings te maak nie, maar eerder om met skeepsvaart navigasie te help. Die kaarte is uiters betroubaar vir die doel wat Mercartor daarvoor gehad het.

https://www.visualcapitalist.com/mercator-map-true-size-of-countries/

Afrika se grootte word dikwels dieselfde gehou, maar Kanada en Rusland word op sekere kaarte tot 40% groter gemaak. Op baie kaarte lyk dit of Afrika dus kleiner is as bv. Noord en Suid-Amerika, maar in werklikheid is Afrika die tweede grootse kontinent. Hierdie feit kan maklik bevestig word deur in ‘n Atlas na die totale oppervlakte van elke kontinent in vierkante kilometer te kyk.

Google Maps het dieselfde probleem. Soos onder vertoon, kan Rusland basies in Afrika pas as die land sywaarts gedraai word. Maar op google maps lyk dit egter of Rusland amper twee keer so groot is. Die werklike groottes is heeltemal uit proporsie omdat Google Maps ook gebaseer is op Mercartor se skeepsvaart kaart. Mercator se revolusionêre en betroubare kaarte word egter steeds vandag nog gebruik vir omtrent alle skeepsvaart navigasie.

google maps