Dr. Hennie Mouton se Lesings oor Skepping teenoor Evolusie

Dr. Hennie se bekendstelling:

“Al 11 my YouTube-video’s oor die Bybel/wetenskap/skepping/evolusie is nou gelaai op YouTube. As dit sou lei tot ‘n beter begrip en glo van die Bybel as God se Woord en daarom die Waarheid, is ek baie dankbaar.

Die video’s is soos volg:

1. Verstaan van die Bybel, die belangrikheid van voorveronderstellings, glyplank na ongeloof, waarom 6000 jaar volgens die Bybel.

2. Bybelse en evolusionistiese tydskale, 6 skeppingsdae, skepping en voortplanting volgens soorte, natuurlike seleksie het gebeur.

3. Het te veel dinge op die 6de skeppingsdag gebeur? Die probleem van geweldige ver sterlig en ‘n 6000 jaar skepping.

4. ‘n Oplossing van die ver-sterlig-6000-jaar-skepping-probleem, wat ook vir evolusionisties-onoplosbare oerknalprobleme, antwoorde gee.

5. Sewe wetenskaplike bevestigings van die skepping volgens die Bybel wat wys dat die aarde ordes jonger as die evolusionistiese 4.5 miljard jaar is, en inderdaad ongeveer 6000 jaar oud kan wees.

6. Koolstof-14-datering en ander radiometriese datering – wanneer dit geglo kan word en wanneer nie, die hele Geologiese Kolom is maar duisende jare oud.

7. Die Geologiese Kolom, soos gedemonstreer deur die gebeure by Mount St Helens in die 1980’s en vouingsgebergtes, bevestig die Noag-vloedgebeure van omtrent 4400 jare gelede.

8. Dinosourusse en die Bybel, hulle het saam met die mens bestaan, selfs evolusioniste se bevindings demonstreer dit. Neandertallers was gewone mense.

9. Die sogenaamde aapmense het nooit bestaan nie – die evolusionistiese menslike evolusiehipotese is vol bedrog, wanvoorstellings en swak wetenskaplike afleidings. Australopithecines was ape, mense was mense.

10. Die ouderdomme wat sommige Neandertallers bereik het, bevestig die hoë ouderdomme van mense in Genesis. Daar is sterk koppeling van Noag se 16 kleinseuns met nasies, lande, kultuur- en taalgroepe. Sjinese prentjiesskrif wys hulle antieke kennis van die Tuin van Eden en Noag se Vloed.

11. Taalontwikkeling van meer na minder struktuur bevestig die bonatuurlike skepping van tale by Babel. Talle Skrif verklaar Jesus as die Skepper, Onderhouer en Redder, die Alfa en die Omega, die Een voor Wie almal eendag sal buig – of in absolute aanbidding, of in absolute vrees (Mat 25:31, 32 en 46).”

Al die video-lesings is gratis hier beskikbaar.

Deur die Woord van die Here is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.Hy versamel die waters van die see soos ’n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.Laat die hele aarde vir die Here vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;want Hý het gespreek, en dit was; Hý het gebied, en dit staan.Die Here vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.Die raad van die Here bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.” (Ps. 33:6–11)