WGO Se Pandemie Verdrag Moontlik ‘n Totalitêre Gevaar

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is tans besig om ‘n nuwe verdrag saam te stel vir internasionale samewerking vir die voorkoming, voorbereiding en reaksie op pandemies. Die kommer is dat so ‘n verdrag ‘n lidland se eie konstitusie, parlement en regte sal omseil, omdat die WGO se konstitusie voorrang sal geniet wanneer ‘n ramptoestand verklaar word.