Na 2 jaar word Hidroksichlorokien nou eweskielik wettig in Queensland Australië

Die media het dit beswadder en die regering het dit verbied as deel van ‘n behandeling vir COVID. In Queensland kon jy tot 6 maande tronkstraf kry. Ten spyte van wetenskaplike studies wat die teendeel bewys, het die sg. “fact-checkers”, wat deur Groot Pharma en Groot Tech betaal word, dit afgeskiet as fopnuus.

Vroeg in 2020 het verskeie dokters dit suksesvol gebruik as deel van ‘n behandelingsprotokol vir COVID-19. Die effektiwiteit van hidroksichlorokien was egter reeds sedert 2010 al bekend, maar is net soos ivermectin onderdruk sodat die eksperimentele inentings deurgedruk kon word. Ten spyte van hewige kritiek en aanvalle, was die onafhanklike Australiaanse parlementslid, Craig Kelly, ‘n eensame stem wat deurentyd die effektiwiteit van ivermectin en hidroksichlorokien as vroeë behandeling bevorder het. Kelly het ook vroeg in 2021 gewaarsku dat die eksperimentele COVID inentings onveilig en oneffektief is.

Onder die dwang van die regering en regulerende liggame het meeste dokters eerder die knie gebuig, met tye hul hippokratiese eed vergeet en geswyg. Sommiges moes sekerlik geweet het wat die waarheid is, maar het eerder gekies om hul praktyklisensies te behou. Selfs in Suid-Afrika, onder die dwang van regulerende liggame, Groot Pharma en mediese fondse, sal talle dokters vir hul pasiënte sê dat hidroksichlorokien en ivermectin net “fopnuus” is. Soos hul Australiaanse kollegas behoort hul nou met rooi gesigte te sit – nou dat ‘n regering self, soos in Queensland, sê dat hidroksichlorokien vir hierdie spesifieke doel gebruik moet word:

to assist in containing, or to respond to, the spread of COVID-19 within the community.

https://www.health.qld.gov.au/system-governance/legislation/cho-public-health-directions-under-expanded-public-health-act-powers/revoked/revocation-of-prescribing,-dispensing-or-supply-of-hydroxychloroquine-direction