Permanente Verlies Van Vryheid – Besware Kan Slegs Gerig Word Tot En Met 1 April

Die Suid-Afrikaanse regering het stil-stil wysigings tot die rampbestuur wetgewing op 29 Maart in die staatskoerant gepubliseer, sonder ‘n behoorlike konsultasie tydperk. Kommentaar en besware word slegs vir ‘n paar dae toegelaat – tot en met 17h00 op 1 April. Hierdie wetgewing kan uiters drastiese en permanente gevolge vir ons inhou.

Besware moet dringend gerig word na: regulations@COGTA.gov.za

Die regering kan moontlik die ramptoestand (“state of disaster”) teen 5 April beëindig, maar hierdie nuwe rampbestuur wetgewing sal steeds toepaslik wees vir ‘n verdere 30 dae. Daar is kommer dat hierdie gewyside rampbestuur wetgewing verder die aangepaste basis vorm vir die gewysigde gesondheidswetgewing waarteen die publiek tot en met 15 April beswaar kan aanteken. Dit beteken basies dat die tydelike maatreëls wat onder die gewysigde rampbestuur wetgewing val na die Nasionale Gesondheidswetgewing sal skuif en dus erger en permanent word. Hierdie nuwe maatreëls maak die onregmatige eise nog erger – bv. groot kerklike byeenkomste van meer as 1000 word verbied sonder ‘n inentingssertifikaat (paspoort) of bewys van ‘n negatiewe PCR toets – wat tans glad nie ‘n vereiste is nie. Hierdie vreemde wette kom net soos 22 lande reeds alle COVID maatreëls afgeskaf het.

Hierdie wetgewing is onregmatig, onchristelik en kan moontlik tot die permanente verlies van basiese vryhede vir alle landsburgers lei.