Minder as 30 dae is oor om dit te keer!
Die Suid-Afrikaanse regering is besig om van die oneffektiewe en drakoniese COVID noodmaatreëls as permanente wetgewing te probeer instel. Hierdie wetgewing sal lei tot die permanente verlies van persoonlike vryhede. Dit moet dringend teengestaan word.
Vir ‘n kort video oorsig volg hierdie skakel.
Besware oor o.a. geforseerde toetsing, geforseerde inentings en geforseerde kwarantyn moet gestuur word na:
tsakani.furumele@health.gov.za
Besware oor toegangsbeheer (PCR toetse, bewys van inenting ens) by die land se toegangspunte moet gestuur word na:
Funeka.Bongweni@health.gov.za
Verdere inligting is beskikbaar op die Dear South Africa webtuiste waar besware ook aangeteken moet word.