Rusland koop meer goud

Op 25 Maart het die sentrale bank van Rusland aangekondig dat dit goud sal aankoop teen ‘n vaste prys, in die plaaslike mark. Hierdie stappe word geneem soos NAVO-lande meer sanksies teen Rusland implementeer – sanksies wat Rusland van interbank stelsels soos SWIFT afsny.

NAVO-lande het egter min goud in hul eie reserwes. Die dollar (soos die Rand en meeste lande se geldeenhede) is reeds dekades slegs fiat geld – geld wat deur ‘n wetlike bevel iets werd is sonder dat dit deur ‘n gelykstaande kommoditeit soos goud onderskryf word. Rusland begin ook om betalings vir gas en olie in ander lander se eie valuta te aanvaar, soos bv. Indië. Daar is dus ‘n moontlikheid dat NAVO se plan sleg en teenproduktief kan uitdraai.