Hunter Biden – “Biolabs” en skandes

Tydens die Amerikaanse verkiesing was daar reeds baie omstredenheid oor Joe Biden se seun. Daar was egter groot teenkanting van die hoofstroom media om verslaggewing oor hierdie aangeleentheid as ongeldige propaganda af te skiet. Berigte daaroor was vinnig as vals bestempel – iets wat net samesweringsteoretikuste met foelie hoedens aanhang. “Big-Tech” en die kamstige “fact-checkers” het toe al begin met hul bose werk. Hierdie ontkennings het ‘n groot invloed op die Amerikaanse verkiesing gehad.

En wat nou?

Toe is dit alles eintlik waar.

Nou is dit heel duidelik dat Hunter Biden net so korrup is soos wat almal vermoed het. Natuurlik is die “Biolabs” in die Oekraïne ook toe ‘n werklikheid – befonds deur Hunter Biden se Bio-maatskappye. NAVO-lande wil graag ‘n valse storielyn voorhou oor die situasie in die Oekraïne, maar hierdie onthullings behoort ‘n einde te maak aan al hierdie leuens.