Preek vir die week

Deur John MacArthur – Becoming a better you?

Is hierdie lewe ons beste lewe? Of sien ons eerder daarna uit om eendag by die Here Jesus te wees waar ons ‘n beter lewe in die hemel sal hê?

Baie populêre predikers verkondig ‘n valse boodskap van tydelike gewin en wêreldse sukses. Daar word valslik gesê dat ons enige-iets kan kry wat ons kan droom – dat ons geloof ‘n soort van ‘n krag is waarmee ons die wêreld en tot vir God kan manipuleer. Dit is die misleidende boodskap van onchristelike boeke soos “the secret” en “the shack“. Dit is ook die boodskap van baie charismatiese predikers soos Joel Osteen en andere.

John MacArthur verduidelik nie net hoekom hierdie leerstellings vals is nie, maar hy verduidelik ook wat die Bybel ons duidelik leer oor wat en wanneer ons beste lewe rêrig is.