NEASA is teen verpligte inentings

NEASA (National Employers Association of South Arica) is ‘n werkgewers organisasie wat arbeidsreg dienste verskaf aan alle werkgewers, klein of groot. Gerhard Papenfus is die uitvoerende hoof van NEASA. Gerhard het onlangs baie duidelik standpunt in geneem teen verpligte inentings. In verskeie nugtere nuusvrystellings en videos is die saak van verpligte inentings aangespreek en teengestaan.

Gerhard argumenteer dat vryheid van keuse ‘n uiters belangrike reg is wat beskerm moet word. Besigheidseienaars moet nugter oor die saak dink. Om werkers te ontneem van hul vryheid van ‘n mediese keuse, is nie net gevaarlik in die werksplek nie, maar sal die hele samelewing op ‘n gevaarlike pad sit, waar alle ander vryhede ondermyn kan word. Hierdie tipe van onverdraagsaamheid is tipies van diktators. Die grondbeginsel is ‘n skoon gewete – om teenstrydig met mens se gewete op te tree is die mees fundamentele oortreding en ‘n sonde vir die individu. Werkgewers kan nie hierdie reg tot ‘n skoon gewete van hul werknemers ontneem nie. Dit is maklik om vryheid te verloor, maar baie moeilik om dit terug te kry as dit eers verloor is. Dit is nou die tyd om teen hierdie geboelie op te staan.

NEASA videos:

https://youtu.be/2lumyhy-kEE

https://youtu.be/-sxGwk1zDHw

NEASA nuusvrystelling:

https://mailchi.mp/neasa/press-release-business-organisations-oppose-national-vaccine-mandates

NEASA ope brief aan President Ramaphosa:

https://neasa.co.za/ostracising-the-unvaccinated-open-letter-to-the-state-president-by-gerhard-papenfus-ce-of-neasa/