‘n Geskiedenis-les wat ons leer hoe om teen die leuen en teen totalitêre oorheersing op te staan.

Hierdie video gee ‘n oorsig wat die oorsaak was vir die uiteindelike val van die kommunistiese totalitêre oorheersing: https://youtu.be/6VfJ0BJvt7Y.

Hierdie video beaam die ewige waarheid wat Jesus, die Christus, aan ons geopenbaar het: “die waarheid sal julle vrymaak” (Joh 8:32; verw. Ex. 20:16). Natuurlik vereis hierdie uitspraak van Jesus uiteindelik dat mense hulle sondeskuld voor God moet erken, en glo dat Jesus ‘n volkome gehoorsame sondelose lewe in die plek van sondaarmense gelewe het en aan die kruis vir mense se sondes gesterf het (en so die regverdige oordeel van God gedra het). Hierdie is ten diepste die waarheid wat erken moet word, en daaruit vloei die besef wat die waarheid is waarvolgens mense elke dag moet lewe (d.i. die tien gebooie)