Teen aborsie Dokter kry lisensie terug na 5 jaar

Dr. Jacques De Vos se mediese praktisynslisensie was vir 5 jaar opgeskort. Dr. De Vos was in die laaste deel van sy internskap diensjare by die 2 Militêre Hospitaal in Wynberg. In 2017 het hy ‘n vrou afgeraai om ‘n aborsie te kry. Hy het voorgehou dat lewe by konsepsie begin en dat die baba ‘n mens is wat vermoor sou word. Die vrou was 19 weke swanger.

Hy kan nou weer praktiseer. Die ACDP het die besluit verwelkom.