Maklike Bierbrood

Vinnig en lekker. Dit kan op ‘n rooster oor die kole gebraai word of in die oond gebak word.

Bestandele:

  • 500g wit bruismeel
  • 5g sout (1 teelepel)
  • 340ml bier

Metode:

  • Meng bruismeel en sout in ‘n groot mengbak
  • Meng dan die bier by (partykeer effens minder as 340ml)
  • Knie tot dit alles goed gemeng en hanteerbaar is

Besluit of jy wil braai of bak (ek dink jy wil braai).

Vir braai:

Verdeel die deeg in kleiner broodjies; sit dit dan op die rooster oor ‘n vuur wat nie te erg warm is nie.

Bak in die oond:

Sit die hele stuk deeg in ‘n gesmeerde broodpan, of in twee kleiner pannetjies. Bak in ‘n warm oond teen 180°C vir omtrent 45min as jy een brood bak, of omtrent 30min as jy twee kleiner brode bak.