Sperdatum nou 24 April vir petisies teen nuwe Gesondheidswetgewing

Die Minister van Gesondheid het uitstel gegee tot en met 24 April. Dit wil voorkom asof dit a.g.v publieke druk is. Daar was ook vandag ‘n Hooggeregshof aansoek deur Adv Sabelo, omdat die publiek glo 90 dae moet kry om insae te lewer op wysigings tot bestaande wetgewing – nie net 30 dae nie.

Dit kom te midde van bewerings dat besware wat per e-pos gestuur word outomaties geskrap word sonder dat dit gelees is. Gevolglik is dit moontlik beter om eerder platforms soos DearSA of Afriforum te gebruik.

Teen tyde van hierdie berig het 252 388 mense hul besware en kommentaar op die DearSA platform ingedien. Kom ons mik vir ‘n miljoen!