Texas laai onwettige immigrante af in Washington D.C.

Goewerneur Greg Abbott van Texas het toe by sy plan gehou.

Die republikeinse staat sit met ‘n magdom onwettige immigrante wat die staat binnekom. Die Biden-administrasie se beleid van oop grense maak die probleem net erger. Texas stem glad nie saam met hierdie liberale beleide nie. Abbott het toe gereël dat hierdie immigrante per bus na Washington D.C. aangery moet word, waar die verantwoordelike beleidsmakers vir hulle kan sorg:

“We are sending them to the United States capital where the Biden administration will be able to more immediately address the needs of the people that they are allowing to come across our border.”

https://conservativebrief.com/photos-61976/

Op 13 April het die eerste bus vol immigrante in Washington D.C aangekom. Die immigrante is so ‘n paar blokke weg van Capitol Hill afgelaai.