President Cyril Ramaphosa het die ramptoestand beëindig maar poog om dieselfde en selfs strenger regulasies permanent te maak met gewysigde Gesonheidswetgewing. Die afskaffing van die ramptoestand is tot dusver dus sinneloos aangesien dieselfde en ander strenger regulasies onder ‘n ander wet permanent kan voortbestaan. Die regulasies onder die voorgestelde Gesondheidswetgewing [15A (b)-(c)] stel dit duidelik dat iemand selfs op die vermoede dat hul siek is, of in kontak was met ‘n “siek” persoon, nie die volgende kan weier nie:
- Geforseerde toetsing [15A 1 (b)-(c), (i)]
- Geforseerde kwarantyn [15A 1 (b)-(c), (ii)]
- Geforseerde behandeling en inentings [15A 1 (b)-(c), (iii)]
Die regering probeer duidelik om inentings te forseer en dít ten spyte van die onlangse onthullings dat dit nie veilig of effektief is nie. Daar is die opsie om te self-isoleer [15G], maar hierdie opsie is nie werkbaar vir die meerderheid van die Suid-Afrikaanse bevolking nie. In die konteks van ‘n werkloosheidsyfer van ongeveer 35% sal die armes die swaarste lei omdat hul moeilik aan die volgende self-isolasie vereistes sal kan voldoen:
- ‘n Aparte badkamer of ‘n woonplek wat nie met iemand anders gedeel word nie
- Vriend of familielid wat kos en medisyne kan aflaai, of toegang tot aanlyn aankope
- Toegang tot die internet en ‘n telefoon
- Toegang tot ‘n private dokter
Die groot probleem is egter nie net dat hierdie regulasies onprakties is nie – dit is onregmatig, onmenslik en onchristelik om iemand te dwing om enige medikasie teen sy wil te laat neem. Dit is ‘n tragedie as ouers van hul kinders verwyder kan word op die vermoede dat iemand dalk siek is met ‘n virus waar die oorlewingskoers meer as 99% is – en dit vir ‘n bevolking wat grootliks reeds natuurlike immuniteit het. As die regering of ‘n werkgewer namens jou kan besluit wat jy met jou eie liggaam moet doen en jou so kan forseer, dan maak dit die deur wawyd oop vir verdere marxistiese tirannie.