‘n Redelike persoon wil graag ingeligte besluite neem.
Dit geld veral vir belangrike besluite wat moontlik permanente implikasies kan hê – soos gesondheidsbesluite oor medisyne en sg. inentings. Om so ‘n besluit te kan neem, moet die betrokke inligting tog vrylik beskikbaar en toeganklik wees.
In die VSA was daar onlangs ‘n vryheid van inligting versoek vir die vrystelling van die relevante data en inligting oor die Pfizer-BioNTech COVID-19 inenting. ‘n Redelike persoon sou wonder hoekom hierdie inligting nie reeds vrylik beskikbaar was nie?
In ‘n poging om die vrystelling van hierdie data en inligting te vertraag het die FDA gevra om dit na 75 jaar vry te stel. Ja, dit is nie ‘n tikfout nie – 75 jaar! Hoekom so lank?
Maar, deur ‘n genadiglike beskikking van rare gereg, het die betrokke hof beslis dat die data en inligting baie vinniger vrygestel moet word. Ons kan dit nou ook vir onsself lees. Die besware van nugter denkende medici word sover deur die dokumente bevestig.
Vir ‘n goeie oorsig deur Dr. John Campbell, volg hierdie skakel.