PCR toetse – vrae en probleme

Daar is verskeie vrae rondom PCR toetse. Hoe betroubaar is dit werklik?

PCR toetse gebruik versterkingssiklusse om te bepaal of iemand siek is. Hoe hoër die versterkingssiklus (amplifikasie), hoe meer onakkuraat die toets – gevolglik lewer die toets dan valse positiewe uitslae. Die aanbeveling is dat die versterkingssiklus-drempel tussen 25-30 moet wees. Op navraag het die staat van NSW in Australië laas jaar bevestig dat hulle egter ‘n siklusdrempel van 40 gebruik het!

Daar is dan ook die probleem dat individue positief kan toets selfs 100 dae na herstel, of dat individue positief kan toets selfs al het hulle ‘n ander gewone verkoue gehad (gewone verkoue is ook ‘n Corona-virus).

‘n Groep Australiaanse dokters het ook hierdie insiggewende video in 2021 saamgestel.