Christus-gesentreerde huisgodsdiens

Hou u daagliks huisgodsdiens?

Baie Afrikaners het al gehoor van hoe ons voorouers “boekevat” gehou het. Daar was in eenvoudige afhanklikheid bybel gelees, besprekings gehou, gebid en gesing – daagliks. Is dit nie tyd dat ons dit weer doen nie?

Dit is maklik om net om op ‘n Sondag, vir ‘n uur of wat, ‘n kerkganger te wees. Maar is daar ‘n werklike lewende verhouding, sodat ons kinders met hul eie oë ‘n lewende geloof in hul ouers kan sien?

So baie kinders word groot in huise waar die Christelike geloof prakties uitgekontrakteer word na die predikant of ‘n Sondagskool onderwyser. Die Woord van God maak dit egter duidelik dat dit die ouers se verantwoordelikheid is om hul kinders in die Woord van God te onderrig (sien Deut 6:6-7 en Ef 6:4).

Wanneer die ouers huisgodsdiens nalaat, dan lei dit baie keer tot ‘n dooie vormsgodsdiens – ‘n koue formalisme waar kinders nie die realiteit ervaar nie. Dus verlaat baie kinders ook die geloofsgemeenskap of hul soek na “lewe” in plekke waar die leer nie suiwer is nie.

Vir ‘n baie goeie preek oor Christus-gesentreerde huisgodsdiens, luister gerus na Dr. Joel Beeke:

How to do Christ-centered family Worship

‘n Goeie studiebybel kan ook help met besprekingspunte vir die gesin en hier is goeie bronne as u meer wil weet oor die Here Jesus Christus.