Hoe moet gelowiges dink oor Universiteite en tersiêre opleiding

Die stelsels en strukture van die westerse wêreld is besig om drasties en baie vinnig te verander. Die bybelse grondslag vir baie wette word nie net aggressief verwerp nie – dit word vervang met ‘n filosofie en wêreldbeskouing wat enige vorm van christelike behoud as ‘n terroristiese vyand beskou.

Ons het ook gewoond geraak aan die huidige stand van sake sonder om gevestige aannames deur die bril van die bybel te bevraagteken. Meeste mense mik om Universiteit toe te gaan – maar wat word daar deesdae geleer en is dit werklik van nut? Die meeste Universiteite neig al hoe meer in een rigting en spesialiseer hul prakties veral op een kwalifikasie – die produsering van wêreldlinge en ongelowiges. Luister gerus na hierdie preek deur Sacha Walicord oor hierdie onderwerp:

https://www.sermonaudio.com/playpopupvideo.asp?SID=711211459292926