Die afgelope twee jaar se COVID inperkings het ‘n drastiese invloed op wêreldwye produksiesyfers gehad. Amper alle besighede en boerderye is op een of ander manier beïnvloed. Die onlangse oorlog in die Oekraïne het die situasie net vererger, aangesien Rusland en Oekraïne van die grootste verskaffers van graan en kunsmis is. Die sanksies teen Russiese gas en olie (brandstof) verhoog produksiekostes en gevolglik ook voedselpryse. Om voorbrand te maak vir voedseltekorte en verhoodge pryse het Hongarye reeds ‘n verbod op die uitvoer van hul eie graan ingestel. Die prys van brood het in Poland onlangs vervierdubbel. Die Verenigde nasies waarsku dus dat sekere lande in die midde-ooste en Afrika op breekpunt staan weens stygende voedselpryse.
Duitsland ondervind reeds die hoogste inflasie syfer in dekades (VPI: 7.6%). Die verwagting is dat Duitse voedselkleinhandelaars soos Aldi hul pryse nog verder sal moet verhoog – met tussen 20%-50%. Sri Lanka ervaar tans hul ergste ekonomiese krisis sedert 1948 met ‘n tekort aan brandstof. Die eilandnasie gaan gebuk onder 13-uur lange skofte van beurtkrag waar onder andere hospitale en vissersbote stilstaan weens ‘n tekort aan diesel. Die Verenigde Koninkryk is op ‘n soortgelyke pad waar varsprodukte al hoe skaarser en duurder word. Die probleem word vergerger deur liberale politici soos Amerika se Biden wat die huidige krisis sien as ‘n geleentheid om alternatiewe energie te bevorder.