Koop die tyd uit!

So maklik sê ons dat ons te min tyd het, wanneer gaan ek alles doen … of te veel, ons is so verveeld. Die Here het egter nie ‘n fout gemaak nie, Hy het tyd geskape sodat daar genoeg tyd is vir alles wat Hy bepaal het (Pred. 3), ook vir die mens, dit is juis ons as mense wat na die sondeval tyd misbruik, verkeerd gebruik, die tyd verspeel.

Jonathan Edwards wys op die belangrikheid van tyd, en dat ons juis tyd moet raaksien in die lig van die ewigheid, wat ons hoop sal gee om tyd verantwoordelik, nuttig en diensbaar te gebruik … in die tyd, vandag, elke dag.

Nie ons sondige tye of omstandighede mag ons gebruik van tyd bepaal nie, ons mag nie ons vervalle tye en omstandighede misbruik om nie ons roeping en take te vervul in die tyd nie. Die Here soek nie lui diensknegte nie, gaan na mier luiaard, en word wys.

Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.” (Ef. 5:15–16)