Die Permanente Pandemie

As die ramptoestand eendag afgeskaf word, moontlik in die volgende maand, dan kan ons ‘n nuwe en vreemde Suid-Afrika betree. Baie Suid-Afrikaners is reeds goed gekondisioneer om die sg “nuwe normaal” net te aanvaar – maar dit is eintlik abnormaal, onchristelik en onmenslik.

Dit kan moontlik ‘n Suid-Afrika wees waar ons in toestande leef waar die pandemie-maatreëls permanent word. Die regering werk tans aan wysigings tot twee wette wat konstitusionele regte permanent kan omseil. Al die toegewings tot onrematige wette wat onder die vaandel van “tydelik” so maklik aanvaar was, kan dus binnekort permanent word. Die volgende berig deur PANDA verduidelik deeglik hoe hierdie nuwe onregmatige wetgewing tot permanente pandemie lewenstoestande kan lei.