Die ware COVID sterftes in Australië

Australië het van die wêreld se strengste en langste inperkings die afgelope twee jaar ervaar. Die hoofstroom media het vrees uit elke oord aangewoeker. In die media se oë was COVID voorgehou as basies so erg soos EBOLA. Die regeringsdwang was intens op alle vlakke. In die staat van Nieu-Suid-Wallis was dit verpligtend om met QR kodes by winkels in te skandeer, vir die kamstige rede van kontaksporing – en dit voor daar enige aktiewe gevalle was.

Die voormalige premier van NSW, Gladys Berejiklian, het selfs gesê dat sy nie naby mense wil kom wat nie ingeënt is nie (Berejiklian het sedertdien self bedank na ‘n ondersoek geloods was oor ‘n geldskandaal). Ironies genoeg was die redevoering agter haar opmerkings heeltemal verkeerd bewys toe die meerderheid van die ingeënte bevolking toe inelkgeval COVID gekry het – en dit ook versprei het.

Middelmatige en klein besighede het erg gely onder die inperkings, ten spyte van die Australiaanse welvaart staat wat die land se skuldvlakke verhoog het deur spandabelrig toelaes uit te deel. Die inperkings het gelei tot verhoogde selfmoord gevalle – veral onder die jeug.

Die logiese vraag is dan – hoeveel mense het werklik van COVID in Australië gesterf?

In 2020 het meer mense in Australië gesterf weens beserings as hulle perongeluk val, as van COVID. Dit is ook in verskeie lande reeds openlik erken dat ‘n sterfte met COVID nie dieselfde is as ‘n sterfte a.g.v COVID nie. Slegs 2 639 mense het met COVID gesterf – maar 96.7% (~97%) van hierdie sterftes was onder mense wat reeds ander lewensgevaarlike mediese toestande onderliggend gehad het. Dus was die COVID sterftes, soos ten tye van hierdie berig slegs ~83.

Die onregmatige COVID tirannie van die Australiaanse regering en state het nie gegaan oor gesondheid nie, maar eerder oor mag en kondisionering. Mense het hul werke verloor, ander is dood van eksperimentele inentings. Hommeltuie het buurte patrolleer. Mense kon nie vir operasies gaan nie. Sterwende pasiënte kon nie deur familielede besoek word nie. Polisielede het vreedsame betogers mishandel – en dit alles vir ‘n siekte wat minder mense doodgemaak het as mense wat perongeluk val!