Digitale tirannie?

Suid-Afrika is besig om ‘n nuwe tipe digitale geldstelsel te toets. Verskeie mense wat al ‘n jaar gelede gewaarsku het teen hierdie Sentrale Bank Digitale Geldstelsels was toe uitgekryt as kamstige samesweringsteoretikuste. Die WEF is egter openlik oor hul intensies met digitale identiteit.

Die globale inentingspaspoort was ‘n bruikbare geleentheid om digitale identiteit te bevorder en was reeds in 2018 beplan. Daar was reeds van 2021 af ‘n groot dryf deur die Australiaanse regering om hierdie stelsel te implementeer en te bevorder. Soos talle ander lande, is Suid-Afrika ook besig met die beplanning en ontwikkeling van soortgelyke stelsels wat ook moontlik biometriese data kan vervat.

In die hande van ‘n gevalle mensdom lei sulke stelsels net tot tirannie en onregmatige regering. Godgegewe vryhede word dus prysgegee en dit lei tot sosialistiese beheer wat George Orwell se boek 1984 soos ligte musiek laat klink.