Europa mik om gas te rantsoeneer

Volgens thepostmillennial.com is die Europese Unie besig met voorbereiding om natuurlike gas te rantsoeneer. Dit is weens die moontlikheid dat Rusland die gas toevoer geheel en al wil afsny. Rusland gaan dit moontlik doen in reaksie op die sanksies wat die Europese Unie ingestel het. Met die Europese winter wat al hoe nader kruip is die EU se sanksies sover baie oneffektief en teenproduktief, tensy dit juis deel is van die klimaatsagenda.