COVID lesse uit die 1930’s in Duitsland

Baie mense sit verwonderd oor wat gebeur het tydens die 2de wêreldoorlog. Hoe kon dit gebeur?

Wat het daartoe gelei? Hoe kon mense die geel sterre aanvaar? Hoe kon Jode toegang vermy word tot winkels en besighede? Hoe kon hul eie besighede as “nie-essensieël” gebrandmerk word? Hoe kon die Jode na aparte buurte geskuif word? Hoe kon die mense dit toelaat? Hoe kon hulle soveel Jode doodmaak en vermoor – op trokke en treine laai na werkskampe en oonde? Hoe kon so baie mense net daarmee saamgaan?

Wel, die padda was maar net stelselmatig in die water gekook. Aanvanklik is die water bietjie koud, dan lekker lou – baie gemaklik om in te swem. Stelselmatig, bietjie vir bietjie, word die water egter nog warmer. Klein verandering vir klein verandering; en dan raak mens weer gewoond aan ‘n sogenaamde “nuwe normaal”. Dan word die water nog ‘n bietjie warmer. Ons dink verskonings uit: Maar paddas swem darem mos in water, ek weet die water raak baie warm, maar ek is nou reeds in die pot en darem is dit skoon water waarin ek swem. Die padda berus en regverdig die onredelike situasie.

Nog warmer – dit raak dalk so bietjie ongemaklik, maar ek moet nou daaraan voldoen, ek moet werk en ek moet dit of dat doen – daarom sal ek aan nog ‘n onregmatig eis voldoen. Ek het nog nooit in sulke warm water geswem nie; en dit nogals met sulke baie borrels. Die padda begin brand, dit raak nou seer. Maar die “tydelike” instem met onregmatige reëls het nou tot ‘n permanente probleem gelei. Die padda se bene is afgekook en hy kan nie meer uit die pot nie!

As ons nie uit die geskiedenis leer nie dan gaan ons dieselfde foute maak.

Met verwysing na 1930’s Duitsland en oorlewendes uit die jodeslagting, skryf Bill Muehlenberg oor die lesse wat ons vandag moet leer.