Twee merkwaardige ontdekkings

Hierdie artikel beskryf twee uitvindings. Die een baie oud en die ander baie nuut. Hierdie uitvindings het merkwaardige werklike en potensiele ooreenkomste wat hoop vir die toekoms gee.

Die alfabet

In Wikipedia, soos op 20 Aug. 2022 staan die volgende:”The history of the alphabet goes back to the consonantal writing system used for Semitic languages in the Levant in the 2nd millennium BCE. Most or nearly all alphabetic scripts used throughout the world today ultimately go back to this Semitic proto-alphabet.[1] Its first origins can be traced back to a Proto-Sinaitic script developed in Ancient Egypt to represent the language of Semitic-speaking workers and slaves in Egypt.[2]”

Uit hierdie uittreksel kan interessante afleidings gemaak word. Die Egiptiese heersende orde van daardie tyd het reeds ‘n skrif gehad naamlik hierogliewe, ‘n komplekse skrif wat uit ongeveer 1000 simbole bestaan het, en slegs deur enkeles in die samelewing bemeester is. Hierdie skrif het aan die heersende orde die vermoe gegee om skriftelik te kommunikeer, terwyl die werkers en slawe dit nie gehad het nie. Dit was ‘n essensiele komponent van die mag wat die heersende orde oor die werkers en slawe gehad het.

Die ontwikkeling van die alfabet sou aan heelwat werkers en slawe die vermoe gegee het om skriftelik te kommunikeer. Aangesien so ‘n uitvinding die werkers en slawe sou bemagtig, kan aanvaar word dat dit nie die goedkeuring van die heersende orde sou weggedra het nie. Net soos die uitvinding van die drukpers die mag van die pous ondermyn het tydens die reformasie, het die uitvinding van die alfabet die mag van die antieke Farao ondermyn. Die alfabet moes ‘n fenominale invloed op die verloop van die geskiedenis gehad het.

Dis nie bekend wie die alfabet uitgevind het nie. In die Bybel lees ons net skielik in Deut. 6:9 “En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.” As God so ‘n opdrag gee, impliseer dit dat geletterdheid algemeen onder die Israeliete van daardie tyd was.

Bitcoin

Van ouds af was dit nie moontlik vir arm mense om welvaart veilig te bewaar nie. Slegs die rykstes kon hulle goud en silver in kastele met soldate beskerm.

Sedert die 20ste eeu het ‘n geldstelsel ontstaan waar regerings aan reserwebanke ‘n monopolie op die vervaardiging van geld gee en banke by die staat moet registreer. As die regering besluit dat sekere mense nie meer hulle geld mag gebruik nie, dan spreek hulle slegs die woord, en daardie mense se bankrekening word gevries, soos onlangs in Kanada gebeur het met mense wat gekla het oor die maskermandaat.

Met geld wat eenvoudig gedruk word koop nasionale state allerhande dinge, en sodra die nuwe geld in sirkulasie kom, veroorsaak dit inflasie en word almal se welvaart verminder. Op die wyse kan regerings op indirekte wyse geld van die burgers konfiskeer, selfs al sou dit in die vorm van kontant in ‘n kluis wees.

Tydens die finansiele krisis van 2008 het Bitcoin ontstaan. Die uitvinder is ‘n misterieuse Satoshi Nakomoto, wie se werklike indentiteit onbekend is. Indien die uitvinder ‘n individu is, is dit uiters wys om onbekend te bly, aangesien so ‘n individu waarskynlik dieselfde behandeling sal kry as Julian Assange.

Bitcoin is ‘n tegnologie waarmee arm en ryk welvaart veilig kan bewaar, en waaroor die staat geen jurisdiksie het nie. As Bitcoin algemeen as ‘n vorm van geld aanvaar word, sal dit staat se mag oor geld dramaties inperk. Dit sal nie meer moontlik wees om mense se rekeninge te vries of deur inflasie te konfiskeer nie. Hierdie uitvinding veroorsaak dus ‘n dramatiese inperking van die mag van die heersende orde, en kan ‘n ingrypende invloed op die geskiedenis he.

Gevolgtrekking
Hierdie twee uitvindings het gemeenskaplike eienskappe. Eerstens is die uitvinder van beide uitvindings onbekend. Tweedens het uitvinding van die alfabet het die mag van die heersende orde ingeperk en aan gewone mense meer mag gegee. Bitcoin het die potensiaal om dieselfde te doen, maar die tyd sal leer of dit inderdaad die geval is. Die ooreenkoms tussen Bitcoin en die alfabet gee egter hoop dat dit so kan wees.