Sakeliga se saak teen die voorgestelde gesondheidsregulasies

“Ons standpunt is soos volg:

  • Covid-19 is nie geskik om as ‘n aanmeldbare mediese toestand geklassifiseer te word nie.
  • Dit is nie nodig om die bestaande regulasies te wysig ten einde Covid-19 te hanteer nie, en die voorgestelde regulasies, wat vir daardie doel opgestel is, het dus nie ’n redelike grondslag nie.
  • Om die drakoniese magte wat gebruik word om Covid-19 te hanteer, op ’n permanente grondslag na ’n lang lys ander toestande uit te brei, sal Suid-Afrika omskep in ’n gemoniteerde samelewing waar vryheid, privaatheid en handeldryf oormatig gedwarsboom en in die wiele gery word.
  • Die magte wat die Minister hom in die regulasies toe-eien (ten opsigte van enige huidige of toekomstige aanmeldbare mediese toestande) is ultra vires, drakonies en ongrondwetlik.
  • Die voorgestelde regulasies moet onttrek word.”

Lees hier verder >