Geslag maak mos nie saak nie … of hoe?

In die vroeë eeu was die groot kerklike strydpunte oor die Drie-eenheidsleer, oor Christus se twee nature, in die 16de eeu oor die regverdiging deur die geloof alleen, die Skrif alleen. In ons 21ste eeu is dit baie duidelik dat dit oor God se skeppingsordeninge gaan, veral dan oor of Hy ‘man en vrou’ geskape het (Genesis 1 en 2).

Onderliggend aan al die ‘gender verwarring’ is – behalwe die Skrifgesag krisis – die ‘onskuldige’ leuse wat baiemaal buite in die wêreld, maar ongelukkig ook baiemaal in die kerk gehoor word: ‘geslag maak nie saak nie’…

Ja, geslag maak nie saak in terme van ons redding deur Christus alleen nie, man en vrou is gelyk in waarde in wese geskape as die kroon van sy skepping, en word gelyk gered in Christus alleen, maar dit maak wel saak in terme van ons skeppings orde en take wat Hy vir ons bepaal het hier op aarde. God se genade in Christus red en heilig man en vrou wees, vernietig dit nie, nie in die kerk of wêreld nie. Lees meer daaroor hier en hier en hier, wat die Skrif leer, asook die vernietigende gevolge as mens eers die ‘onskuldige’ maar baie gevaarlike mantra ‘geslag maak nie saak nie’, in kerk en/of wêreld begin glo.

“Is dit ook so dat God gesê het … Laat Ons mense maak na ons beeld … man en vrou het Hy hulle geskape. … Daarom sal die man en sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.” (Gen. 3:1; 1:26-28; 2:24)