In George Orwell se boek, 1984, is daar die denkpolisie (thought police – ministry of “truth”) wat alle inligting filtreer en sensor sodat dit net inpas by die doel van die totalitêre staat. Die boek was geskryf as ‘n waarskuwing in die vorm van ‘n verhaal. In sy boek, monitor die staat alle kommunikasie om sodoende die waarheid as ‘n leuen voor te hou en om die leuen as waarheid voor te hou. Die bevolking word met propaganda en manipulasie gebreinspoel om objektiewe waarheid te verwerp en om leuens te glo. In dié wêreld is persepsies belangriker as die realiteit; subjektiewe gevoelens belangriker as verifieerbare inligting. Orwell omskryf hierdie leuens opsommend ook in die leuse van die staat:
OORLOG IS VREDE; VRYHEID IS SLAWERNY; ONKUNDE IS MAG.
Die wêreld beweeg al hoe meer in die rigting van ‘n totalitêre distopie, net soos in Orwell se boek. Dit was duidelik dat facebook, twitter en google hulself reeds as ‘n onoffisiële denkpolisie aangestel het – die monetêre krag van “Big Tech” het goed saam met “Big Pharma” gewerk om waarheid te sensor. Daar is ook valse “fact-checkers” aangestel om hul vuilwerk te doen.
Joe Biden en sy seun is nou juis onder die soeklig na al die inligting op Hunter Biden se rekenaar gelek het. Hillary Clinton is onlangs beboet vir ‘n valse smeringsveldtog. Nou, ironies genoeg, het dieselfde demokrate ‘n disinformasie raad gestig, wat gelei word deur die persoon wat in 2020 die “Biden laptop” afgeskiet het as niksseggend. Dit lyk dus ook na ‘n poging tot selfpreservering.
Maar dit is wel belangrik om te verstaan wát hierdie politici wil sensor. Daar is ‘n duidelike woke agenda – waar die aannames van die marxistiese kritiese rastoerie aanvaar en toegepas word. In ons 2022 weergawe van Orwell se distopie sluit die leuse nou die volgende in:
MANS IS VROUENS (EN KAN KRAAM); DIE NORMALE GESIN IS DIE VYAND; ALLE WIT MENSE IS RASSISTIES
Volgens hierdie mense is die definiese van plaaslike terrorisme ‘n baie aanpasbare konsep wat ook iemand kan insluit wat weier om ‘n eksperimentele COVID inenting te ontvang.
Soos voorheen berig moet ons Bybels dink oor vryheid van spraak. Ons moet ook verstaan waar al hierdie skewe denke vandaan kom. ‘n Wêreldbeskouing wat gebaseer is op ‘n teorie dat alles uit ‘n willekeurige ontploffing onstaan het, lei daartoe dat die samelewing dink dat daar geen objektiewe waarheid is nie – ons is maar net die produk van materie en energie – dus is daar ook geen objektiewe Wetgewer en basis vir wetgewing nie. Francis Schaeffer beskryf dit goed:
The material-energy, chance view has taken advantage of that liberty, supplanted the consensus, and resulted in an intolerance that gives less and less freedom in courts and schools for the view which originally gave the freedoms. Having no base for law, those who hold the humanist view make binding law whatever they personally think is good for society at the moment. This leads increasingly to arbitrary law and rulings which produce chaos in society and which then naturally and increasingly tend to lead to some form of authoritarianism. At that point what the country had in the first place is lost and dead.
Francis A, Schaeffer, A Christian Manifesto, Bl 136. 1982 [beklemtoning bygevoeg].
So sê die Here: “Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter” (Jes 5:20).