Amerikaners verlaat liberale stede en state

Baie Amerikaners is besig om die groot stede en liberale (blou) state te verlaat, veral die laaste twee jaar. Daar is ‘n groot migrasie patroon na state wat in die algemeen meer konserwatief, vry of sonnig is – state soos Florida, Idaho, Texas, Montana, Wyoming, Noord-Carolina, Arizona en Nieu-Meksiko. Die son-belt oorvleuel gedeeltelik ook met die bybel-belt.

Baie van hierdie state het meer christelike vryhede en minder grendelstaat inperkings. Van die state wat nie in die son-belt is nie, soos Montana, Wyoming en Idaho, maak deel uit van die sg Amerikaanse Redoubt area en beweging wat in 2011 begin is. Dit is ‘n konserwatiewe area, met laer bevolkingsdigtheid en waar minder natuurrampe voorkom.

Amerikaanse Redoubt Area