Paulus of Tutu?

Die Mail & Guardian meen ons moet die Christendom van Desmond Tutu volg, nie wat Paulus verkondig het nie. Die skrywer beweer:

Paulus het geglo in allerhande leerstukke wat vreemd is aan ‘moderne denke’, hy was liefdeloos en onverdraagsaam, ‘n boelie wat leersuiwerheid betref, ‘homofobies’, ‘anti-semities’,en het vereis dat vroue hul onderwerp aan hul mans. Verder het hy geglo in die kruisiging en die opstanding, Christus se offer vir verlore sondaars, die lewe hierna, die geestelike wêreld, erfsonde, regverdiging deur die geloof alleen, wederkoms, en in baie ander dinge in stryd met ‘moderne denke’. In ander woorde, Paulus het geglo in die ongetwyfelde Christelike geloof soos geleer in die Heilige Skrif, en verwoord deur teoloë soos Augustinus en Calvyn, asook regsinnige kerklike konfessies deur die eeue, tot vandag toe nog.

Die skrywer meen dit is beter om Tutu se ‘laggie Christenskap’ te volg, vol pret en Boedhistiese heilige laggies, Tutu se universalisme, pro-gay agenda, Tutu wat die Bybel aangepas het: “Tutu bent the rules to ease afflicted humankind.” In ander woorde, ‘n ‘alternatiewe Christendom’ waarvan Paulus ook geskryf het in 2 Tim. 3 en veral in 2 Tim. 4:3,4, so ook die profete Jesaja (5:18-21), Jeremia (6:13,14) geprofeteer het, sien ook Petrus in 2 Petrus 2. Die wêreldse ‘moderne denke’ agape (liefde) is wat Tutu gedien het, en bedien het, nie die Evangelie van Jesus Christus, soos Paulus in liefde en waarheid gedien nie (2 Kor. 5:14).

Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.” (Matt. 5:10–12)

Lees hier meer oor wat Desmond Tutu alles geglo en geleer het.