VSA: COVID propaganda tel weer op

Uit verskeie bronne in die VSA wil dit voorkom asof daar weer ‘n poging is om ‘n tweede fase van die COVID plandemie in werking te stel. Die hoofstroom media dryf die vrees oor nog ‘n nuwe variant wat volgens hulle heeltemal anders is. Daar is sprake van maskers vir werkers in die toerisme en reisbedryf teen middel September. Sekere werkgewers en Universiteite het reeds maskers begin verplig. CNN is weer voor in die koor. Gevolglik staan Biden en sy Pharmapreneurs reg om nog ‘n nuwe inenting te laat ontwikkel. Natuurlik stel hulle voor dat almal dit kry, wat moontlik weer in verskillende vorme van dwang sal oorgaan – en dit ten spyte van die gevaar en oneffektiewiteit van al die vorige eksperimentele COVID inspuitings.