NY Times erken stilletjies dat COVID sterftes oorstateer was

Sterftes was oorstateer met ten minste ‘n derde, maar eerder as om dit op die voorblad te sit, begrawe hulle hierdie feit in die 17de paragraaf van ‘n nuusbrief. Hierdie oorstatering van syfers is ook wat reg oor die wêreld gebeur het, maar juis op die stadium toe mense die syfers begin betwyfel het was daar orals gepropageer dat die COVID sterftesyfers (volgens Fauci en Kie) onder-rapporteer is. Dit was alles leuens en vreesdrywery.

‘n Washington Post joernalis, Leana Wen, het verwys na twee aansteeklike siekte kenners wat die stelling gemaak het dat gehospitaliseerde COVID pasiente ook oorstateer was met 90 persent.

Italië was aan die voorpunt van baie COVID vreesdrywery in 2020 en daar was gesê dat hulle een van die hoogste COVID sterftesyfers in die wêreld gehad het. Die land het egter in 2021 besluit om hul COVID sterftesyfers oor te tel. Die gevolgtrekking was dat slegs 2.9% van die voorheen gerapporteerde COVID sterftes werklik op die virus geblameer kon word. Lees ook verder hier>

“Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.” (Ex 20:16)