Veiligheid trotseer vryheid?

In die naam van veiligheid kan baie misdrywe valslik geregverdig word. Die gevalle wêreld se definisie van vryheid is egter niks anders as ‘n vorm van onregmatige slawerny nie. Daar word gesê dat dit vir ons beswil is, om indringende wet op wet te maak, om mensgemaakte reëls af te forseer. Soms word die bybel ook misbruik om sulke wette te regverdig. Die ironie is dat wette wat werklik volgens God se wet is eintlik opsy gestoot word.

Dink maar net aan die doodstraf vir moord – eerder as om uitvoering aan God se wet te gee, word moordenaars aan die lewe gehou op ander getroue landsburgers se rekening (in die vorm van misbruikte belasting geld). Dan volg dit dat God se wet, wat ook ‘n baie effektiewe teenvoeter en inhibeerder vir moord is, vervang word met ander mensgemaakte wette – en hierdie wette trap op die ware vryheid wat God se wet gee. Eerder as om die werklike oortreding te straf, word daar nou gepraat van voorkoming. Al hoe meer dikwels as nie is hierdie voorkomende wette ook teen normale en Godgegewe vryhede. Dus word daar nou onregmatige wette geïmplimenteer reg oor die westerse wêreld. Hier is ‘n paar voorbeelde:

Frankryk: Polisie kan op jou foon jou kamera en mikrofoon sonder jou wete en toestemming aanskakel en op jou spioneer.

Nieu-Seeland: Onderwyser verloor sy werk toe hy weier om die verkeerde voornaamwoorde te gebruik (hy wou nie die 10-jarige dogtertjie ‘n seun noem nie – wat valse getuienis sou wees).

Meksiko: Volroom melk is nou amper iets van die verlede in die land, natuurlik in die naam van regulerende gesondheid.

Die resultaat is dan niks anders as ‘n “veilige slawerny” nie. Lees gerus die volgende artikel ook hier>.