Wit boere floreer in Mississippi

The Economist lewer o.a berig van hoe goed die boere doen, maar daar is ook klagtes dat die wit Suid- Afrikaanse boere meer betaal word as Amerikaanse werkers. In die gees van die tyd neem hierdie klagtes natuurlik ook weer ‘n rasse en kommunistiese element aan. Die Wit boere is natuurlik nie onwettig daar nie – van hulle is gevra om te kom met aanbiedinge en maak gebruik van die H-2A VISA. Van hierdie boere word dan ook later Amerikaanse burgers deur ‘n wettige proses.

Die breër konteks van die huidige immigrasie situasie in die VSA is belangrik om te verstaan: die grense is basies oop en onwettige immigrante stroom in. Die staat van Texas het hulle hande vol met hierdie probleem. Die demokrate en ander liberales fasiliteer en moedig onwettige immigrasie aan. Dit is deel van die woke-sosialistiese agenda om alle vorme van gesag, orde en die landsgrense wat deur die Here daargestel is (Hand 17:26) omvêr te gooi. Maar die omvêrgooi van wette, orde en gesag geld natuurlik nie vir wit boere nie. Die woke drukgroepe en linkse media sal eerder veroorsaak dat immigrasie-wetgewing streng op die Suid-Afrikaanse boere toegepas word. Onwettige immigrante moet ten alle koste in, terwyl wettige wit boer immigrante soveel moontlike teenkanting moet kry.

Daar is deur die Here se genade ook darem nog gelowiges in die VSA wat wil help. Een predikant maak die opmerking dat gelowiges moet uitreik na hierdie boere en hulle moet help, want so sal die Amerikaanse gelowiges die Suid-Afrikaanse boere se gesinne en kerke op ‘n indirekte manier ondersteun.