Onbybelse aard en verwagtinge vir herlewing

Daar word baie gepraat oor herlewing. Reg oor die wêreld is daar groepe wat beweer hulle het begin a.g.v ‘n “ware herlewing”. Tans, in die VSA, is daar sprake van nog ‘n herlewing – by Asbury Universiteit in Kentucky.

Wat word bedoel met die moderne konsep van herlewing? Is dit werklik Skriftuurlik? Hoekom praat ons nie eerder van reformasie nie? Wat is die werklike vrug van hierdie soort herlewings? Is ons verstaan van herlewing en gebruik van hierdie woorde werklik getrou aan die Skrif?

In hierdie artikel fokus Josh Buice spesifiek op die bewyse in die konteks van ‘n plaaslike gemeente. Hy vra:

Sal die buitengewone seën van God Sy mense verder weglei van die gewone seën van die plaaslike gemeente en die gewone middele van hoe Hy werk?

  • Enige beweging wat beweer dat dit van God is, maar wat mense van die plaaslike gemeente afraai en wat die gewone genade middele verwaarloos, is vals (sien ook NGB Art 28 en 29).
  • Enige beweging wat Skrifgetroue prediking minimaliseer of sê dat leerstellige korrektheid nie saak maak nie, is vals (sien ook NGB Art 28 en 29).
  • Die kerk moet mik om Titus 2 na te streef eerder as Handelinge 2. God het nêrens belowe dat daar nog ‘n Handelinge 2 beweging sal wees nie – die kerk behoort ook nie in daardie rigting te mik nie.
  • Pinkster het nie die kerk na Pinkster 2.0 gelei nie. Die Gees het die kerk gelei in ordelike aanbidding, ernstige dissipelskap en getroue evangelisasie.
  • Die Heilige Gees verontagsaam nie die plaaslike gemeente nie. Die Heilige Gees sal die kerk lei om tevrede te wees met hoe Hy werk deur die gewone genade middele in die konteks van die plaaslike gemeente (prediking van die Woord, gebed, doop en nagmaal).

Lees die volle artikel hier>