Om te bid in Sy Naam – wat beteken dit?

“En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” (Joh 14:13-14).

Daar is baie misbruike, misverstand en valse lering rondom gebed. Steeds kan ons met vrymoedige nederigheid en afhanklikheid bid dat die Here se wil sal geskied. Luister gerus na hierdie episode en ook die reeks oor gebed deur Radio Scriptura:

“Gaan ons werklik ook wonderwerke doen soos wat Jesus op aarde gedoen het, of dui hierdie teks op die wil van God vir Sy kinders? Wie se wil sal God uitvoer: Syne of myne? Misbruik ons die naam van die Here om ons wil te kry? Hebreërs 4: “Laat ons dan met vrymoedigheid die troon van genade nader, sodat ons ontferming en genade kan ontvang om op die regte tyd gehelp te word.”

00:00 Wat sê die Vers?
03:40 Wat is die konteks?
06:00 Die Godheid van Jesus
09:00 Bid ons altyd in die Gees?
15:11 Wat sê die Bybel oor gebed?
17:15 Wat sê die vers NIE?
19:00 Het God Sy soewereiniteit aan ons gedelegeer?
22:27 Wat sê die vers WEL?
24:15 Ons groot hoop en aanmoedinging
30:20 Hoe pas ons dit toe?

Skrifverwysings:
Joh 14:1-14, Ef 6:18, Rom 1, 1 Joh 5:14, Westminster Confession of Faith, Jak, Heb 4:14-16, Ef 1, Fil 4, Gal 5.

Aanbieders: Jaco de Beer en Marnix Boersema”

Luister of kyk hier>