Skotse polisie verander pedofiel benaming

Die Skotse polisie noem pedofiele nou “minor attracted persons”. Kort op die hakke van die misleidende bewoording van “selfde geslag aangetrokkenheid” [Eng: same sex attraction] is dit logies dat dit ook skuif na “minderjarige aangetrokkenheid”. Tragies, is dit moontlik dat die valse kerk oor ‘n paar jaar dieselfde pad sal volg as met selfdegeslag sondes en ook die knie hier sal buig. Hier is die algemene en moontlike pad van verval:

  • Eers word geslagsrolle verwar en tot ampte verhef
  • Verskil in ouderdom word net soos verskil in geslag verwar
  • Die betekenis van woorde word subtiel verander om sonde te normaliseer
  • Die sonde word gedefinieer as iets wat gebroke of wanordelik is, maar nie noodwendig sonde nie
  • Daar word dan voorgehou dat die aantrekking nie sonde is nie, net die daad
  • Uiteindelik word die gruwelike daad eintlik maar ook aanvaarbaar.

Lees die betrokke berig hier>