Die Gelofte van 1838 (Du Toit weergawe)

Die Grootste Trek: Terug na u God. Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte. J L du Toit & dr L du Toit.

Met toestemming van die samestellers:

“Die Oerteks-bundel sluit af met aantekeninge waarin die Gelofte-bronne met mekaar en met die
gangbare weergawe vergelyk word.” Die bewoording is dan as volg:

Hier staan ons, as broers en landgenote, voor U onse Vader, die heilige God van hemel en aarde, om ‘n Gelofte aan U te doen, dat, as U ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons ‘n Huis tot U eer sal stig waar dit U behaag, en dat ons aan ons kinders sal sê dat hulle daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte, want die eer van U Naam sal verheerlik word deur die roem van oorwinning aan U te gee. Ons smeek U bystand af om hierdie Gelofte verseker te kan volbring, in die Naam van U Seun en ons Verlosser, Jesus Christus. Amen

Vir meer oor hierdie belangrike geskiedkundige werk, verwys na die boek van JL en L Du Toit onder: